Minister se snaakse uitsprake

(Die Vryburger het die vrymoedigheid geneem om met opmerkings te reageer op die onvanpaste aanvalle op apartheid, wat homself nie kan verdedig teen die onderstaande uitsprake nie.)

 

Dit lyk asof e-tol, wat op 3 Desember sal begin,  die ANC-regime se minister van vervoer, Dipuo Peters, onder soveel druk plaas dat sy niks ontsien om die instelling daarvan te probeer goedpraat nie.

In Oktober het sy die betaling van e-tol gelyk gestel aan die betaling om ‘n toilete te gebruik. Op 20 November is dit weer die geliefde apartheid se skuld. Sy gebruik ook ander argumente wat amper kon gewerk het, maar effens te kort skiet om te oortuig.

Hier is sommige van haar nuutste stellings:

Elektroniese tol sal bydra om nommerplaatkloning te beveg (opmerking: nie die plig van die tollenaar nie).

Sedert die eerste fase van die projek voltooi is, geniet motoriste die gerief van wêreldklas snelweë (opmerking: wat reeds voor betaal is met motorlisensies en brandstofheffings).

Hulle het baie lesse geleer uit die projek, waarvan een is dat dit nog lank sal neem om die nalatenskap van kolonialisme en apartheid se beplanning om te keer (opmerking: .. en dit na 20 jaar en 5-miljoen onwettige instromers uit Afrika).

Apartheid se ruimtelike beplanning het nooit voorsien vir ‘n situasie waar “Gauteng” so dig bevolk sou wees soos vandag nie, veral weens die toestroming uit ander provinsies vir ekonomiese redes (opmerking: waarvan 5 miljoen uit Afrika “provinsies” en nog meer miljoene se verskuiwings met polities beplande plakkerskampe).

Die regering het verskeie toegewings gemaak om die ekonomiese las van e-tol te minimaliseer (opmerking: oordeel self oor Peters se woorde).