Minister in spervuur oor McBride

Die Minister van Polisie, en ander ondersteuners wat McBride weer wil aanstel in ’n senior pos, moes noodgedwonge stil raak toe dit ter sprake kom dat die advertensie vir die pos nie melding gemaak het van die vereiste regskwalifikasie wat benodig word nie.

Alhoewel die pos geadverteer is, het die advertensie nie melding gemaak van die vereiste regskwalifikasies vir sodanige amp as Uitvoerende Direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoek Direktoraat (Opod) nie.

Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het aangekondig dat die kabinet Robert McBride vir die pos aanbeveel, maar hewige teenstand het gekom van opposisiepartye.

Kenners meen die vereistes vir die pos, wat regskwalifikasies insluit, kan nie geïgnoreer word nie, en die indruk word gelaat dat die advertensie “gedokter” is om die pos vir McBride te skep.

Een parlementslid beweer glo dat die oorspronklike advertensie, wat geplaas moes word, nie geplaas is nie, maar dat dele verwyder is in die advertensie, wat beteken dat daar skynbaar bedrog gepleeg is.

’n Parlementêre portefeuljekomitee moet in 2014 die benoeming bekragtig of verwerp.

McBride beskik oor ’n BA-graad in Internasionale Politiek, ’n BTech-graad in polisiëring (honneurs) en ’n diploma in buitelandse betrekkinge, verwerf deur die Instituut van Diplomasie en Buitelandse Betrekkinge in Maleisië.

Foto – McBride