Minister diens self motor

Die Minister van Waterwese en Omgewingsake, Edna Molewa, het haar sykouse uitgetrek ter vervanging van ’n gebreekte waaierband van die “ou en gedaan motor” wat sy geërf het van haar voorganger.

Sy is ’n tweede keer in die parlement versoek om te verduidelik waarom sy ’n ander voertuig het, en water model voertuig dit is, en teen welke prys dit aangekoop is.

Die Minister het telkens weggeskram om die antwoord te gee, en eerder vertel hoe sy haar sykouse moes gebruik om te dien as waaierband.

Sy beskou dit is ’n vorm om ’n motor te diens.

Sonder om ’n direkte antwoord te gee, het sy die vraesteller na haar jaarverslag verwys, waar “al die gegewens” beskikbaar is.

Die vraesteller het daarop gereageer deur te sê dat die verslag nie aandui watter soort voertuig sy het nie, en wat die koopprys daarvan is nie.

Tot hede is die vraag nog nie beantwoord nie.

Kenners meen dat die voertuig wat “oud en gedaan” is, waarskynlik net ’n behoorlike diens nodig gehad het by die motorhandelaar.

Foto – Edna Molewa