Man red vallende vrou

In Los Angeles het ’n man verhoed dat ’n vrou na haar dood val, toe sy gespring het en 15 meter vêr geval het, by die Oakland stadion in die stad.

Die dame het vanaf die derde vlak van die stadion gespring, klaarblyklik met die bedoeling om selfmoord te pleeg.

Sy is kort nadat sy geval het in die waakeenheid van ’n hospitaal opgeneem, en die man wat tot haar “redding” gekom het, is ernstig beseer.

Toeskouers was besig om na afloop van die wedstryd, uit die stadion te stap toe een persoon opgekyk het en vir sy vriend gesê het  hy moet kyk, ’n vrou maak gereed om af te spring.

Sy wou van die boonste vlak van die stadion spring na die binneplein van die sokkerveld.

Die twee mans het hard probeer om haar te oortuig om dit nie te doen nie, maar sy het uiteindelik tog gespring.

Die een man het, omdat daar vir hom geen ander opsie was nie, met sy liggaam haar val probeer stuit.

’n Woordvoerder van die polisie sê die vrou sou die val nie oorleef het as sy direk met die grond kontak sou maak nie.

Foto- Los Angeles stadion