Man neem sy eie lewe

Enkele dae voordat mnr. Pieter Schutte (40) van Kuruman, in die Noord Kaap, na Pretoria sou verhuis met sy gesin, het hy homself met sy eie geweer om die lewe gebring,

Pieter is die seun van die voormalige bokser, Mike Schutte.

Sy vrou Carin vertel dat haar man emosioneel was oor die verhuising, maar nadat sy rustig met hom gepraat het, het hy kalm geword.

Hy het later gesê hy gaan kartonne haal om die goed in te pak, maar het nie teruggekeer nie.

Sy lewelose liggaam is later in ’n begraafplaas gevind waar hy sy eie lewe geneem het.

Die Schutte gesin, Carin en haar twee kinders, Carla (10) en Michael (4), verhuis blykbaar môre na Pretoria.