Mafia slagoffers geïdentifiseer

Die bomontploffing aan die Oos-Rand, waar die Mafia mekaar letterlik uitmoor, is blykbaar veroorsaak nadat ’n onbekende man ’n bom in ’n sak gedra het, dit in die “Money Point” onderneming van Krejcir geplaas, en daarna spoorloos verdwyn het.

Kort daarna het die bom ontplof terwyl 5 mense nog in die gebou was.

Die ontploffing was so hewig dat vensters en deure uitmekaar gespat het. Rook het uit die gebou geborrel en twee mense is in die voorval dood, en een het sy been verloor.

Een van die slagoffers is geïdentifiseer as Jan Charvat, wat uit die Tsjeggiese Republiek kom, en word daar gesoek vir onder meer belasting bedrog.  

‘n Tweede persoon, slegs bekend as Ronnie, is blykbaar soos Jan, mense wat na aan Krejcir geleef het.

Drie ander gewondes is glo van Bulgarye en Serwië afkomstig.