Mafia-oorlog aan die Oos-Rand

As mense gedink het die mafia is slegs in ander lande soos Italië en Mexico, dan was hulle nog nie aan die Oos-Rand in Sentraal Transvaal nie.

Die oorlog in die Oos-Randse mafia-wêreld, is steeds aan die woed met die jongste berigte van ’n bom wat ontplof het by Radovan Krejcir se sake onderneming, in die Bedfordview omgewing.

In die ontploffing is twee mense dood en een se been is feitlik geheel en al vergruis by die onderneming  “Money Point” wat net oorkant die Eastgate sentrum is.

Mense het glo inderhaas in hulle motors geklim en weg gejaag toe die ontploffing gehoor is.

Dit is bekend dat Krejcir betrokke is by die oorlog, maar hy was blykbaar elders tydens die ontploffing.

Sedert die begin van Oktober is die mafia in ’n verbete stryd gewikkel met mekaar, en die werklike toedrag van sake kan nog nie bepaal word nie,.

Die Valke is besig met ’n intensiewe ondersoek, maar het blykbaar nog nie veel vordering gemaak nie.

In Julie vanjaar is daar gepoog om Krejcir te dood by sy sakeonderneming, toe opponente sy motor letterlik gebombardeer het met ’n spesiale vuurwapen wat oor meer as 10 geweerlope beskik. Hy het die aanval wonderbaarlik oorleef.

In Oktober is Bassam Issa, alias Cripple Sam, 250 meter van Moneypoint, doodgeskiet

toe 34 skote hom getref het in sy luukse Audi Q7, en die Serwiër Veselin Laganin is in sy huis vermoor, slegs 300 meter vanwaar Issa geskiet is.

Blykbaar het Krejcir teëspoed met sy eie mense opgetel, maar die volledige besonderhede is nie bekend nie.

O’Sullivan, ’n forensiese ondersoeker, sê glo Krejcir hoort nie in die land nie, want minstens 12 moorde word op een of ander wyse aan hom verbind.

“Hy is een van die grootste Mafia-base in die land,” het hy gesê.