Mafia-baas gevang

Die Mafiabaas, Radovan Krejcir, is die afgelope tyd dopgehou en is gister in sy huis in Bedfordview, gearresteer op aanklag van ontvoering en poging tot moord.

Dit is egter vreemd dat die hoof van die Valke, en die nasionale taakspan wat hom moet ondersoek, nie vooraf ingelig is oor die voorneme om hom in hegtenis te neem nie.

Sy arrestasie is blykbaar gedoen onder direkte bevel van lt. genl. Vinesh Moonoo.

Die gebeure het skynbaar in opskudding in die polisie se geledere ontketen en dui daarop dat daar tweedrag in die polisie bestaan rondom die hele operasie.

Die inhegtenisneming hou blykbaar verband met ’n Katlehong-saak waarby Krejcir betrokke was.

Na verwagting sal meer inligting tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak word.

Lt. genl. Anwa Dramat, hoof van die Valke, wat aan die spits van die ondersoek is, was onbewus van die operasie om Krejcir in hegetenis te neem.

Dit is opvallend dat verskeie bronne, uit ander eenhede, ook bevestig het dat genl. Riah Phiyega, polisiehoof, ’n ernstige geskil met Moonoo en Dramat gehad het oor sekere  verwikkelinge, alhoewel die werklike agtergrond nie bekend is nie.

Foto – Radovan Krejcir