Luiperd aanval in Pretoria

Oud Pretorianers is waarskynlik meer bewus as enige iemand ander van die feit dat in die ooste van Pretoria, en veral in die omgewing van die Bronberge, is daar nog ‘n paar luiperds.

Nou is ‘n man in die hospitaal nadat hy deur ‘n luiperd beseer is.

Mnr. Deon Fourie is in ‘n bestendige toestand in die Eugene Marais-hospitaal, nadat hy by die Farm Inn-hotel-en-wildpark in Silver Lakes, Pretoria deur ‘n luiperd aangeval is.

Volgens Micky Batteson, wat saam met haar kinders ook die wildpark besoek het, was hulle op pad huis toe, toe hulle gille gehoor het. Volgens haar is die vel van sy kop oopgeruk en kon ‘n mens die luiperd se pootmerke op Deon Fourie sy rug sien.

Fourie was vol bloed en dit het steeds uit sy kop geloop. ‘n Man het probeer om die bloeding te stop en ‘n ander vrou het ‘n babadoek uit haar sak geneem en aan die man gegee.

Hy is eers na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem en later na die Eugène Marais-hospitaal oorgeplaas.

Farm Inn het gesê hulle weet nie wat het gebeur nie.