Likwideer ANC-Jeugliga!

Die Johannesburgse Hooggeregshof het nou beslis dat die omstrede ANC-jeugliga gelikwideer word.

Die gegewens is vrygestel deur Marius van Rensburg, wat glo namens die “Z2 Presentations” in ’n hofgeding teen die Jeugliga opgetree het.

In Junie het “Z2” ’n hofaansoek teen die Jeugliga gebring omdat die Liga dié Z2 beslote korporasie R12,8miljoen plus rente skuld.

“Dit kom daarop neer dat die Jeugliga ontbind en verban kan word indien die skulde nie betaal word nie. Die ANC sal wel  die geld moet vind en dan onderhandel,” het Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder gesê.