Lieg die Weermag dalk?

’n Amerikaanse afvaardiging het in Pretoria gesê dit is vir hulle steeds nie duidelik wat die Suid-Afrikaanse Weermag benodig, en wat hulle behoeftes is om die Dakota vliegtuie te vervang wat nou uitgedien is nie.

Die Weermag het blykbaar reeds besluit om Russiese vragvliegtuie te koop in plek van die vliegtuie wat nou, na meer as 50 jaar se diens, uitfaseer word.

Die Lockheed Martin Maatskappy, wat ook die vervaardiger van die C47 Dakota vliegtuig is, het aangebied om die C130 vragvliegtuie te lewer aan Suid-Afrika.

Daar bestaan onsekerheid of Suid-Afrika reeds ’n ooreenkoms met Rusland aangegaan het, alhoewel dit hardnekkig ontken word deur woordvoerders.

Kenners meen die aankoop van Russiese vliegtuie kan ernstige probleme oplewer aangesien hulle totaal en ander werk as Westerse vliegtuie, en in SA is daar nie opgeleide loodse om die vliegtuie in die lug te kry nie.

Hierteenoor is die Lockheed vliegtuie alom bekend.

Intussen is die Weermag aangewys op vliegtuie wat gehuur word om troepe en toerusting te vervoer.

Volgens een woordvoerder van Lockheed, sal die VSA bykans enige pakket denkbaar vir die SA Weermag kan saamstel, wat ook ’n kombinasie van die C130J’s en die reuse C 5 Galaxy vragvliegtuie kan wees.

Laasgenoemde word tans deur die Amerikaanse lugmag uitgefaseer. Die vliegtuie kan teen uiters billike tariewe en voorwaardes aangekoop word nadat hulle opgradeer is vir die SA weermag.

Foto – C5 Vliegtuig