Lets Pretorius se aansoek geweier

Dr. Lets Pretorius, wat effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is op aanklag van hoogverraad, se aansoek om borgtog, hangende sy appèl, is in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

Regter Eben Jordaan het sy twyfel uitgespreek of Pretorius se aansoek om verlof tot appèl, suksesvol sal wees.

Die regter het blykbaar ook te kenne gegee dat ’n ander hof hom waarskynlik nie ’n ligter vonnis sal gee nie.

Jordaan het daarop gewys dat dr. Pretorius dalk kan wegraak as hy op borg vrygelaat word, aangesien hy nou reeds weet dat hy ’n langtermyn vonnis moet uitdien.

“Die risiko is groter dat ’n persoon wat weet hy staar langtermyn gevangenisstraf in die oë, wel gaan probeer ontvlug,” het hy bevind.