Lekota looi ANC oor "apartheidswet"

Mosiuoa Lekota, leier van die Cope party, het die ANC geroskam met ’n voorspelling wat Mandela gemaak het dat die ANC, net soos die apartheidsregering, van wette gebruik maak om hulle eie foute te verdoesel.

Die bewering is gemaak na aanleiding van die wet op Nasionale Sleutelpunte wat nou inwerking tree.

Die Cope-leier het gesê: “Hier is ons nou. Die ANC misbruik apartheidswetgewing om sy eie oortredinge toe te smeer. Dit is opmerklik om te sien hoe gou en hoe onbeskaamd die ANC dié wet , ’n Wet wat voorheen deur die ANC geminag is, nou misbruik om sy eie tekortkominge weg te steek.”