Lasterlike waan!

By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel? – Jes. 40:18

Om enige skepsel, organisasie of instelling met die almagtige God te probeer vergelyk spreek van ‘n algehele onkunde oor die Bybel, die aard van God en sy wil en van ongekende verwaandheid. Dit kom uiteindelik neer op ydelike gebruik van die naam van die Here en sal nie ongestraf bly nie!