Kuikentjie kry spesiale sorg

As ’n ma-eend haar 13 de kleinding by geboorte agterlaat in die nes, en met die ander twaalf in haar kroos, dam se kant toe staan, dan skort daar beslis iets drasties.

By nadere ondersoek het die huismense vasgestel dat nommer 13, wat intussen Allan gedoop is, ’n probleem het met sy pootjies, wat veroorsaak dat hy moeilik loop.

Nou is Allan al meer as vier weke oud, en word hy versorg deur Jaydee Joubert en haar familie op hul plaas in die Wes-Kaap.

Allan het eers later begin swem, maar sukkel nog met sy balans.

“Ons sien nie meer die ander 12 eendjies nie, net die ma, en ons dink dat roofdiere hulle gevang het.

Allan is verlede week na ’n plaaslike dierekliniek geneem om te bepaal of die pootjies geopereer kon word, maar dis nie moontlik nie.

“Ons gaan hom na ’n ornitoloog neem om te kyk of iets gedoen kan word.”