Krugerrande in ou kluis gevind

‘n Skroothandelaar In Houston, Amerika, het ‘n ou kluis by ‘n huis weggeneem, maar nadat hy daarin geslaag het om dit oop te maak, het hy ‘n fortuin daarin ontdek.

David Molick, ‘n sleutelmaker het vertel dat die skroothandelaar hom gevra het om die kluis oop te breek voordat hy dit vernietig.

Molick sê dit het hom meer as 20 uur geneem om die kluis oop te maak.

Uiteindelik, nadat hy 10 gate deur sesduim sementmure geboor het, het hy die boerpot geslaan.

Hy kon sy oë nie glo toe hy die inhoud sien nie.

"Daar was sowat 50 Krugerrande asook splinternuwe, ongesirkuleerde silwer dollars.”

Mollick skat die inhoud van die kluis in die omgewing van $2.5 miljoen.

Die Krugerrande en silwer dollars is aan die familie terugbesorg. Volgens die familie het die kluis aan hulle vader behoort wat skielik dood is.

Die voorwaarde aan die skroothandelaar was dat hy dit moes oopmaak en indien daar enigiets in was, moes dit aan hulle terugbesorg word.