Kragonderbreking waarskuwing

Eskom het op 18 November, by monde van sy woordvoerder, Andrew Etzinger, gewaarsku dat kragonderbreking ‘n sterk moontlikheid is.

Die situasie kan vir die volgende twee weke voortduur, terwyl daar onderhoud gedoen word aan groot kragopwekkers.

Maandag se spitslading was 31 200MW, terwyl die vooruitskatting op 30 934MW gestel was. Die reserwe beskikbaar was dus ‘n skamele 266MW.

Etzinger het ‘n beroep op kragverbruikers gedoen om krag met oorleg te gebruik en sodoende te help om kragonderbrekings te voorkom.

Baie besighede begin om vanaf die middel van Desember te sluit en dit sal bydra om kragverbruik meer in lyn met die beskikbare kapasiteit te bring.