Korrupsie op enige vlak?

As dit nie ’n parlementslid is wat beskuldig word van korrupsie nie, dan is dit ’n amptenaar van die staat, of dit word sommer die mees senior man in die verkeersdepartement.

Dan Plato, die provinsiale minister van Gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap het erken dat Kenny Africa, hoof van die Provinsiale Verkeersdepartement, ondersoek word vir beweerde korrupsie.

Forensiese ondersoekers is glo besig met die saak.

’n Woordvoerder ene Greg Wagner, het  blykbaar in ’n epos beweer dat daar reeds maande lank ’n forensiese ondersoek plaasvind.

Waarnemers meen die korrupsie is op alle vlakke van die samelewing en word blykbaar ’n toenemende tendens wat nie gestuit word nie.

Foto – Kenny Africa