Konferensie oor minderheidsregte

Die VF Plus gaan die komende naweek ’n konferensie in Kaapstad hou wat handel oor selfbeskikking en groepsregte van minderhede.

’n Aantal internasionale kenners op die gebied is betrokke as sprekers, sowel as akademici van Suid-Afrika.

Dié konferensie, met die tema, “Minderheidsregte, Internasionale en RSA perspektiewe”,  word deur die Vryheidsfront Plus in samewerking met die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (Unpo) aangebied.

Persone wat teenwoordig sal wees sluit in, dr. Pieter Mulder, Marino Busdachin van Unpo, Deon Geldenhuys, ’n hoogleraar van Universiteit Johannesburg, en Danny Titus, deeltydse kommissaris van die Menseregte kommissie

Foto – Marino Busdachin