Klerksdorp vrot van skuld

Die munisipaliteit van Klerksdorp se bankstaat staan diep in die rooi en hulle skuldlas vir water en elektrisiteit maak die nog moeiliker om kop bo water te hou.

Volgens ingeligte waarnemers is die stad se skuldlas reeds meer as R160 miljoen vir die gebruik van water en krag.

Eskom se uitstaande rekening is glo aansienlik meer as R120 miljoen, en die waterrekening van Midvaal Waterraad het R40 miljoen verbygegaan.

Vullisverwydering het vir etlike dae nie aandag gekry nie omdat die munisipaliteit nie oor die fondse beskik om die voertuie wat hiervoor gebruik word, se brandstof te voorsien nie.

Dit blyk dat die Munisipaliteit se bankrekening die toegelate perk bereik het, en dit verklaar waarom daar nie brandstof vir vullisverwydering was nie.