Klagtes stroom na Zuma

Die sogenaamde presidensiële “hulplyn” is blykbaar net ’n troos dat jy jou sê gesê kan kry, maar dat dit net daar eindig.

Dit is die mening van ’n klaer wat sowat vier maande gelede ’n klag ingedien het deur die hulplyn te skakel, maar geen reaksie ontvang het nie.

Die hulplyn is blykbaar totaal oorlaai en het reeds meer as 150,000 klagtes ontvang.

Cassius Lubisi, het in sy verslag gesê die klagtes is hoofsaaklik oor departemente wat nie behoorlike diens lewer nie.

“Mense kla oor dinge soos ID-dokumente wat sloer, en hospitale se swak diens”, het hy gesê.

Hy sê die klagtes word vinnig opgevolg.