Kimberley – Jong hond gered

Ao. John Seeley, wat jare lank ervaring het om diere te red, kon weer sy vernuf en deursettingsvermoë aanwend, en so ’n einde gebring aan die drama rondom die jong hond wat in die myngat naby Kimberley geval het.

Hy het die reddingsdaad meesterlik uitgevoer, en die hond het sommer van hom sy nuwe baas gemaak.

John het met toue afgesak tot in die water. Toe het hy lank met die uitgeputte hond gepraat voordat hy die reddingsgordel om haar kon sit.
Die arme dier was baie moeg, en honger na bykans ’n week in die water waar sy ’n alleen stryd gevoer het om aan die lewe te bly.

John sê dit is opvallend dat sy eers ontspanne geraak het toe hy aan haar gevat het, waarna hy die gordel om haar kon sit.

Toe ek die hond in my arms het, het sy dadelik geweet John is haar redder.

“Daarna het ek met haar geswem na waar die reddingstoue op ons gewag het, en is ons opgetrek na veiligheid”, het hy gesê.

Waarnemers is dit eens dat die gebeure waarskynlik een van die mees aangrypende is wat die afgelope jaar in Suid-Afrika afgespeel het, en ook besonder mooi geëindig.

’n Verslaggewer van Volksblad het die hond, Kaptein Seeley gedoop.

Ao. Seeley sê hy sal graag die hond vir homself wil hou aangesien hulle daar in die water, tydens die redding, reeds geheg het aan mekaar.

Voordat enige iets anders gedoen is, het hulle Kaptein Seeley van kos en water voorsien om die hongerpyne te stil.

Die helikopter kon nie gebruik word nie aangesien dit te gevaarlik is, en die rede waarom die eerste reddingspogings misluk het, was omdat die toue waarmee John moes afsak, te kort was.

Dit bly ’n raaisel hoe Kaptein Seeley deur die veiligheidsheining gekom het.

Foto – Met erkenning aan Volksblad