Kersfees en ons kindertjies

Volkshulp 2000 is elke jaar ingestel daarop om kinders van verarmde blankes se lewens op te vrolik deur “kospakkies” en “geskenkpakkies” op te maak wat aan hulle uitgedeel word.

Vanjaar is dit weer so!

Om kinders, en grootmense, se Kerstyd ’n genotvolle tyd te maak, word lesers gevra om daarmee behulpsaam te wees deur skenkings te maak.

Volkshulp 2000 verkies dat produkte geskenk word wat ’n lang raklewe het.

Blikkieskos bevattende vleis, groente en vrugte het ’n lang raklewe en is maklik om te hanteer.

Beskuit, koekies, lekkers en aanmaak koeldrank is alles deel van die pakkies wat opgemaak word vir armblanke mense van die volk.

Die Vryburger se redaksie is oortuig daarvan dat ons lesers hulp sal aanbied.

Volkshulp 2000 kan gekontak word by 0127558201 of per e-pos by [email protected]