Kennedy – na 50 jaar steeds ‘n raaisel

Die invloedryke koerant, “The New York Times” berig dat die moord op pres. John F. Kennedy nog steeds na 50 jaar vir Amerikaners ’n raaisel is, en dat die meerderheid vas oortuig is dat Lee Harvey Oswald die man agter die moord was.

In ’n landswye opname wat deur “Associated Press” gedoen is, word aangedui dat bykans 60% van die ondervraagde Amerikaners daarvan oortuig is dat ’n sekere groep saamgesweer het om Kennedy te vermoor.

Net 24 % van die Amerikaners dink Oswald is direk verantwoordelik en het op sy eie opgetree, terwyl 16% onseker is.

Dit is nou 50 jaar na die moord op Kennedy, en word herdenk in verskeie state van Amerika.

Die Amerikaners is nie tevrede dat die saak nooit opgelos is nie, en die gevoel dat daar saamgesweer is om Kennedy te vermoor, is besig om van nuuts af momentum te kry.

Alhoewel daar verskeie teorieë bestaan, is daar enkele gedagtes en menings wat meer algemeen aanvaar word:

Die destydse visepresident, Johnson, wat nie goed oor die weg gekom het met Kennedy nie, het waarskynlik die sluipmoord geïnisieer. Hy was ook in beheer oor die roete wat Kennedy moes ry en omdat die roete vlak voor die aanvang van die optog, verander is.

Goewerneur John Connelly van Te­xas, het gepoog om nie saam met Kennedy in dieselfde voertuig te ry nie, en hy was een van Johnson se vertrouelinge.

Kennedy was ’n verbete vegter teen die mafia en het baie energie ingesit om georganiseerde misdaad hok te slaan.

Die teorie dat daar ’n sameswering was, het ontstaan vanweë die menigte teenstrydighede wat in die ondersoeke na vore gekom het.

Net soos wat vurige ondersteuners van dr. H. F. Verwoerd vandag steeds oortuig is daarvan dat daar ’n sameswering was wat uit die buiteland geïnisieer is om hom te vermoor, net so is daar Amerikaners wat glo die moord op Kennedy is met behulp van die Russiese regering gepleeg.