Karooboere maak geskiedenis

Kort voor die Internasionale sybokhaar-beraad wat in Jansenville gehou word, het die prys van bokhaar op die vyfde veiling van die winterseisoen gestyg.

Van die bykans 130,000 kg bokhaar wat aangebied is, is 97% verkoop teen ’n gemiddelde prys van R123,08 per kg.

Mnr. Barries Snijman, ’n boer van Rietbron, tussen Uniondale en Beaufort-Wes, het ’n wêreldrekord prys gekry van R440,10 per kg vir ’n baal kleinbokkie-haar.

Mnr. Phlippie Retief van Bokfontein Boerdery, in die distrik Murraysburg, het uitsonderlik presteer met sy skeersel wat verkoop is teen gemiddeld R233,34 per kg.