Joost oppad na Brittanje

Oud-Springbok Joost van der Westhuizen, wat reeds vir bykans drie jaar veg teen sy ongeneeslike siekte, motorneuronsiekte (MNS), het gesê dat hy, sy broer Pieter, en lede van die Stigting hierdie week na Brittanje gaan.

Hulle gaan die Springbokspan ondersteun imet hul wedstryde aldaar.

Navorsing wat gedoen is by ’n MNS-sentrum, verbonde aan die Universiteit van Edinburg, gaan aan Joost en sy geselskap voorgelê word.

Joost wil die navorsingsresultate na Suid-Afrika bring om ’n eie Sentrum te begin.

Anton Neethling wat beweer het dat hy Joost gesond gemaak het, sal glo beslis nie deel van die nuwe Stigting wees nie.