Jong ma doodgesteek

Mev. Zandean Fourie (28) is waarskynlik met ’n mes of ’n ander skerp voorwerp, in haar woning vermoor.

Die aanvaller, wie se naam nie bekend is nie, het aanvanklik gevlug, maar later homself aan die polisie van Virginia in die Vrystaat, oorgegee.

Die polisie het op haar liggaam afgekom in Uvongostraat 3, waar sy gewoon het.

Haar tweejarige kind, Cheyvonne, was nie by die woning tydens die voorval nie, maar by haar pa.

Mev. Fourie was ’n apteker van beroep wat in Virginia gewoon het, maar in Welkom werksaam was.

Dit is nie bekend of enige iets uit die huis weg is nie.