Jong dame presteer oorsee

Cecile Brits (22) van Pretoria het ’n opskudding veroorsaak toe sy, as ’n student aan die Universiteit van Pretoria, modelle uit Australie, die VSA en Nieu-Seeland uitgestof het en onder die vyf bestes geëindig het in ’n internasionale model kompetisie.

Mej. Brits het pas van Bangkok, teruggekom nadat wenners van die Supermodel International-kompetisie verlede Saterdag aangewys is.

Sy het as een van 26 finaliste wat hulle onderskeie lande verteenwoordig het, uiteindelik in die vyfde plek geëindig.

Dit word as ’n merkwaardige prestasie beskou in die lig van die feit dat dit haar eerste internasionale inskrywing was.

Mej. Brits se ma, Wilna, het haar na die kompetisie van twee weke vergesel.

“Ek het al begin huil toe ek die eerste tien was. Dit is ’n groot ding,” het sy van haar prestasie gesê.

Haar ander liefde is dans en sy besit haar eie balletskool.