Jode moet SA verlaat

Avigdor Lieberman, Israel se Minister van Buitelandse Sake, het ’n oproep gerig tot die Jode wat hulle in Suid-Afrika gevestig het, om die land te verlaat.

Die oproep kom nadat daar spanning veroorsaak is tussen die twee lande toe uitsprake in Suid-Afrika gemaak is deur Maite Nkoane-Mashabane, Minister van Buitelandse Betrekkinge en gesê het Suid-Afrikaanse regeringslui reis nie na Israel nie.

Die uitspraak is kort daarna opgevolg deur Ebrahim Ebrahim se aankondiging dat daar ’n algehele reis verbod na Israel is vir Suid-Afrika se staatsamptenare.

Een woordvoerder het gesê totdat Israel self besluit om te onttrek uit Palestina, sal die regering van Suid-Afrika nie stilbly oor die onreg wat teen Palestyne gepleeg word nie.

Foto – Avigdor Lieberman