Iran ingekort met kernprogram

Die regering van Iran het geswig onder die druk en ingestem om sy kernprogram in te kort ná die lang stryd van meer as tien jaar waarin die wêreldmagte gepoog het om te verhoed dat dié land sy eie kernbom vervaardig.

Met die ooreenkoms is die regering van Israel nie gelukkig nie, want hulle meen dit bied aan Iran die geleentheid om kernwapens van ander lande in te koop.

Intussen is verneem dat die regering van Iran ingenome is met die ooreenkoms, en sê dit stel die land instaat om voort te gaan met uraan verryking vir vreedsame gebruik.

Iran het ingestem om al sy voorraad verrykte uraan se suiwerheid in die volgende ses maande tot 20% te neutraliseer, en sal ook nie sy lae verrykte uraan aanvul of nuwe toerusting aankoop vir uraan verryking nie.

Die wêreldmagte het soveel druk op Iran geplaas dat die ooreenkoms uiteindelik gesluit kon word, alhoewel daar nog enkele weke gelede geen vooruitsig was op ’n ooreenkoms nie.

In ruil vir die Iranse inkorting, sal die huidige sanksies verlig, maar nie geheel en al opgehef word nie.

Iran se uitvoere van ru-olie is gedurende 2012 gehalveer toe sanksies ingestel is, wat ander olieproduserende lande bevoordeel het toe die vermindering in beskikbare olie, die prys drasties gestyg het.

Waarnemers is steeds van mening dat die sanksies teen Iran juis ingestel is om die Amerikaanse oliebedryf te bevoordeel met verhoogde verkope teen ’n verhoogde olieprys.

Foto – Pres. Hassan Rouhani