Inwoners brand polisievoertuie

In die Wes-Kaap het inwoners van Kreefgat, twee voertuie van die polisiediens aan die brand gesteek en glo gestaan en toekyk hoe hulle uitbrand.

Drie voertuie van die polisie het blykbaar ’n voertuig van ’n Opsporingsagentskap vergesel, maar die inwoners het nie daarvan gehou nie en die voertuie met klippe begin gooi en selfs begin skiet op die voertuie.

Die polisiebeamptes het daarin geslaag om te ontsnap uit die voertuie toe dit aan die brand geslaan het.

’n Aanklag van poging tot moord, nog een van brandstigting en saakbeskadiging word ondersoek.