Internasionale Afrikaanse woord

’n Nuwe woord in suiwer Afrikaans, het nou selfs ’n Internasionale woord geword omdat dit beskrywend en aanvaarbaar geword het, en omdat die gebruik daarvan daagliks gehoor en gelees word.

’n Eenvoudige woordjie, maar wat elke dag op die internet en sosiale netwerk gelees word deur derduisende mense – “selfie”.

Die betekenis is maklik te verstaan – dit is ’n selfie om ’n foto van jouself te neem met ’n moderne kamera, slimfoon of selfoon.

Nog nuwe woorde in die Afrikaanse taal is “Twiet”, “e-boek”, “e-koerant”,”slimfoon”, en “bakkiesblad” alhoewel laasgenoemde miskien nog nie so alom in gebruik is nie.