Hulp vir MK en APLA lede

’n Organisasie, bekend as “Ex-Combatant Foundation” is glo aan die Oos-Rand in Sentraal Transvaal gestig om MK en Apla terroriste te organiseer, en gestorwe terroriste se oorskot te repatrieer.

Brian Ndhlovu, ’n voormalige MK bevelvoerder, en in die ANC se ondergrondse strukture bedrywig was, is as die hoofbestuurder van die nuwe Stigting.

Hy beplan om sowat R130 miljoen gedurende 2014 in te samel om die betrokke take wat geïdentifiseer is, aan te pak.

Die eerste R9 miljoen gaan gebruik word om die Stigting se struktuur te vestig.

Die Stigting is van mening dat die terroriste se sake nie na behore afgehandel is deur die Waarheid- en Versoeningskommissie nie.

Hy sê die ANC regering en Kerke sal genader word om behulpsaam te wees met afhandeling van die werk, en die sogenaamde “Black Business Counsel” sal genader word om behulpsaam te wees met die insameling van fondse.

Die Stigting wil ook kyk na moontlikhede om werk te kry vir oud terroriste.

Ingeligte waarnemers is bekommerd oor die nuwe stigting omdat daar ’n ondertoon van voortgesette terrorisme tee blankes kan ontstaan.

Dit hang ten nouste saam met gerugte dat Al-Kaïda ook gebruik maak van oud MK lede om opleiding te verskaf vir hulle terroristiese dade.