Honde gedood deur bye

’n Massiewe aantal verwoede bye het twee Duitse herdershonde aangeval, wat uiteindelik tot albei se dood gelei het.

Die reun is enkele minute na die bye hulle aangeval het, dood, en die teef is die volgende oggend dood.

Linda Louwrens van Kroonstad het by die huis gekom en gesien die twee honde probeer wegkruip onder die gesin se voertuig. Toe sien sy die massiewe klomp verwoede bye!

“Oral waar jy kyk, was bye. Ons voertuig was heeltemal toe onder die bye,” het sy later vertel.

’n Kenner se hulp is inderhaas ingeroep, en hy het die honde met sakke bedek en hulle aanhoudend natgespuit.

Die reun, Igor, is voorheen deur diewe vergiftig, maar hy het dit oorleef. ’n Tyd daarna het hy ’n skietery oorleef toe skurke die perseel wou betree.

Foto – Mnr. Louwrens by Igor