Hond val in Myngat – Kurt bied hulp

Sanger Kurt Darren het Vrydag gesê hy sal betaal vir ’n helikopter wat gebruik moet word om die hond te red wat in die groot Myngat in Kimberley geval het.

Die hele wereld is al in rep en roer oor die arme dier wat nou reeds dae lankal in die rondte swem nadat hy in die myngat geval het, en reddingswerkers onsuksesvol was om hom uit te haal.

Twee reddingspogings het misluk, en al moontlikheid om die hond te red, is om hom uit te kry met behulp van ’n helikopter.

John Seeley van die SAPD se opsporingseenheid sê hulle het tot naby die hond gekom, maar omdat die klam grond en rotswande maklik verkrummel, het dit te gevaarlik geraak om nader te gaan.

Die vermoede bestaan dat die hond ’n haas of dassie gejaag, en toe gegly het.

Die hond is reeds meer as ’n week in die water.

Kenners meen hy het nadat hy gegly het, sowat 90 meter geval van die eerste rand van die myngat, en toe weer 70 meter tot in die water.

Tot hede is die reddingspoging gedoen deur die polisie en die De Beers Myngroep,