Hier kom McBride

Die Minister van Polisie het die voormalige hoof van ’n metro, die omstrede Robert McBride, benoem as uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).

Sy aanstelling in die betrokke pos word nou vir oorweging verwys na die Portefeuljekomitee oor Polisie.

McBride het ’n geskiedenis wat vanaf 1988 tot 2011 eienaardige draaie gemaak het.

Hy is ondermeer in Mosambiek gearresteer op aanklag van wapensmokkelary, en is gedurende 2011 skuldig bevind aan dronkbestuur en pogings van dwarsboming van die gereg, waarvoor hy 5 jaar tronk toe moes gaan.

Vanjaar is hy vrygespreek ná ‘n appèlsaak.

Kenners meen die persoon in die pos van Uitvoerende Direkteur, behoort in alle opsigte iemand sonder geraamtes in die kas te wees.

Foto – Robert McBride