Herdenking van Boere en Duitse soldate

Op Sondag 24 November 2013 om 16h00, ‘n snikhete warm dag in Kaapstad, het verskeie AWB Weskaap lede, Duitse veterane en belangstellendes by die Woltemade kerkhof in Maitland bymekaar gekom om die gestorwe soldate te herdenk.

Dit is ‘n jaarlikse instelling en vind die laaste Sondag van November maand plaas. Met trots was die AWB in uniform en by die veterane het die medaljes geskitter op menige baadjie. Na skriflesing en gebed is daar twee kort toesprake gehou en daarna is daar afgesluit deur Die Stem se eerste en vierde vers uit volle bors te sing.

Piet Botha hanteer elke jaar die reëlings vir die byeenkoms. Daar is ook besondere waardering uitgespreek teenoor die AWB Weskaap manne en vroue wat die herdenking bygewoon het, party in volle uniform en ander in pragtige swart hemde met die vierkleur op die bors en “Boerevolk” op die rug en aan al die ander belangstellendes wat die herdenking bygewoon het.

Tydens die jaarlikse herdenking word in herinnering geroep die Boere wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in Britse gevangeniskampe gesterf het en die soldate aan Boere en Duitse kant wat hulle lewens in die stryd verloor het.