Help-help!

Die verdagte in die Griekwastad moordverhoor, het glo by die plaaswerkers se huise aangekom in ’n voertuig en toe hy een werker, bekend as Marta sien, geskree “Help, help” en gesê hulle moet kom help, sy mense is geskiet.

Die getuienis is gelewer deur een van die plaas se bewoners, Poppie Pieterse.

Die werkers, wat saam met vriende gekuier het by hulle huise, was blykbaar hoog aangeklam.

Die beskuldigde het, nadat hy om hulp geroep het by die werkers se huise, dadelik vertrek en dorp toe gejaag.

Een werker het getuig dat sy geen kuiermense gewaar het wat vir die Steenkamp gesin kom kuier het op die Donderdag of Vrydag nie.

Sy het so geskrik toe die polisie hulle vertel dat die drie Steenkamps dood is, dat sy flou neergeslaan het.

Die verhoor duur voort.