Hawestad vol lyke

Terwyl vragvliegtuie vanoor die wêreld vir mekaar wag om te land in die hawestad van die Filippyne, om duisende mense van nood voedsel te voorsien, lê honderde lyke nog in die stad rond.

Na verneem word het 14 vragvliegtuie uit die VSA reeds geland en meer as 70 ton voedsel, waaronder rys, meel, geblikte kos en melk, afgelaai.

Honderde mense is steeds besig om uit die stad te beweeg, sommige per fiets en ander te voet, om die erge stank van lyke te vermy.

Gewapende soldate moet die vragmotors wat noodvoorraad vervoer, deurlopend bewaak uit vrees vir ’n toestroming van uitgehongerde oorlewendes.

Polisiebeamptes en weermag soldate het hulle hande vol om te keer dat mense nie ’n plunder veldtog begin, in die hoop om iets te ete, of iets kosbaars, iewers te vind nie.