Gupta die oorsaak

Suid-Afrika het op nommer 99 die reuse lugskou afgelas, blykbaar omdat daar bedenkinge bestaan dat die Lugmag nie oor die vermoë beskik om behoorlike beheermaatreëls toe te pas nie.

Die afstel van ’n reuse lugskou en ook ’n wieleskou by die Lugmagbasis te Ysterplaat word glo toegeskryf aan die fiasko met die Gupta-landing.

Die skou wat binne enkele dae sou begin, is afgestel en nou word die regering verantwoordelik gehou vir die reuse verlies wat uitstallers ly nadat hulle groot uitgawes aangegaan het om by die skou teenwoordig te wees.

Die vorige skou wat twee jaar gelede aangebied is, was ’n groot sukses, en die verwagting was dat tot 100,000 vanjaar se geleentheid sou bywoon.

Woordvoerders het glo te kenne gegee dat die Lugmag te bang geword het dat nog ’n skandaal hulle sou tref as die Lugmag se fasiliteite deur private instansies gebruik sou word soos wat die Gupta’s se geval getoon het.