Grootste wêreld goudaankopers

Indië, wat tot onlangs die wêreld se grootste aankoper van goud was, is nou in die tweede plek.

Die eerste posisie word nou deur China beklee.

China het sover vanjaar reeds 798 ton se goud aangekoop, teenoor Indië se 715 ton. Volgens die vooruitskattings van die World Gold Council verslag word daar gereken dat China se goudaankope vir die jaar op 1 000 ton sal eindig, teenoor Indië se 900 ton.

In beide lande word die goud aangekoop deur hulle steeds groter wordende middelklas, wat ‘n besondere voorliefde vir goud toon.