Die uiters gewilde Cybele Forest Lodge naby Witrivier sluit sy deure vanweë ’n grondeis na ’n suksesvolle 35 jaar in die bedryf.
Rupert en Barbara Jeffries het die hotel met sowat 50 werknemers suksesvol bedryf sedert 1979.
Die nuwe eienaars wil nie ’n hotel bedryf op die 120 hektaar grond wat aan hulle toegesê is nie.
Die hotel is as een van die mees gesogte hotelle in die hele Laeveld beskou.
Die Jefferies-egpaar het gepoog om nuwe belangstelling vir die hotel te verkry, maar onderhandelings met die grondeise kommissaris was vrugteloos.
Hulle het ook gepoog dat die bates van die hotel en spa namens die trust oorgeneem word, maar ook dit was nie suksesvol nie.
Die hotel het intussen sy webwerf gesluit, en die egpaar is glo verbied om met die media te praat oor die saak.
Waarnemers meen dat grondeise in die Laeveld daartoe gaan lei dat die hele gebied tot stilstand kom en totaal gaan verval as die betrokke geval ’n voorbeeld is van toekomstige optrede van nuwe eienaars weens grondeise.
Foto – Ontspanning by
Glad nie verbaas nie. Dieselfde het gebeur met die spog sitrusplase in Zebedela, spog melkerye in die Wes-Transvaal en die spog tee plantasies in Magoebaskloof, om maar enkeles te noem. Tot hulle weer die witmens gevra het om te help! Nerens, maar nerens, kon hierdie goed suksesvol kommersieel boer nie, en sal dit ook nie hier regkry nie.
Ek wonder nou net wat die eienaars se politieke oortuigings was.
Dit sal die prenjie vir my kleur gee.