Griekwastad saak hervat

Die hofsaak oor die moord op die Steenkamp-familie word vandag weer voortgesit, en die ganse wêreld kyk na Kimberley, om te sien wat gaan bekend gemaak word oor die optrede van ’n minderjarige, wat die enigste verdagte is van die Griekwastad moorde.

Die gebeure het reeds groot drama veroorsaak en Suid-Afrika se mense sit in afwagting om inligting te bekom.

Die voog van die beskuldigde, het in ’n dringende hofaansoek gevra dat die toekomstige regskoste uit Don Steenkamp of Deon en Christel Steenkamp se boedels betaal moet word.

Die regter, Johann Olivier, het egter beslis dat die regskoste nie uit enige van die betrokke boedels betaal mag word nie.

Die kontantbemaking uit wyle Don Steenkamp se boedel is vir regskoste bedoel, en mag net daarvoor aangewend word.

Na verwagting sal kol. Dick de Waal, vandag getuig oor ander leidrade wat hy blykbaar opgevolg het.

Bewerings van Cornelia de Wet dat sy betrokke was by die voorval, en deur die linkse pers aangegryp is, is intussen verwerp deur belanghebbendes.

Adv. Hannes Cloete tree op namens die staat.

Die Noord-Kaapse regterpresident, Frans Kgomo, is op die bank.