Grafstene beskerm met mikroskyfies

‘n Maatskappy, Memorial Alert, het aangebied om op aanvraag mikroskyfies in grafstene te plaas om te verhoed dat dit gesteel word.

Die mikroskyf sal in die grafsteen geplaas word, wat ‘n alarm sal laat afgaan en teksboodskappe aan die familielede van die oorledene sal stuur, indien daar by die graf daarmee gepeuter word.

Net in Johannesburg alleen word daar ongeveer 20 marmer en granietgrafstene van grafte se 36 begraafplase gesteel en aan skelm klipmesselaars verkoop.

Hoewel die begraafplase gepatrolleer word en goed omhein is, het dit tot dusver nie die diewe gestuit nie.

Waarnemers meen dat hierdie land die enigste in die wêreld is waar selfs die dooies besteel word.