Gewapende diewe vermoor veiligheidsman

Mnr. Jerry Engelbrecht, ’n veiligheidsbeampte van ’n bekende Sekuriteitsmaatskappy is Sondagaand in Pretoria Noord deur drie gewapende swartes doodgeskiet nadat hy ondersoek ingestel het by ’n perseel waar die alarm afgegaan het.

Die 29-jarige beampte het terug gekeer na sy voertuig toe drie gewapende swartes agter die motor uitgespring, en op hom begin vuur het.

Hy het dadelik terug gevuur, een gedood en een ernstig gewond voordat hy self inmekaar gesak het.

Die gewonde het saam met die derde een op vlug geslaan.