Gekonkel met ru-olie prys

Bewerings vlieg rond dat van die grootste oliemaatskappye in die wêreld betrokke is met die manipulasie van die verhandelingsprys van ru-olie.

Van die grootste oliemaatskappye wat genoem word by die prys manipulering is BP, Shell en Statoil, wat na bewering saamsweer met Morgan Stanley en energie handelaars, waarby die Vitol Group ingesluit is.

Daar is met regsaksies begin deur vier jarelange ru-olie handelaars wat beweer dat hulle bewyse het dat daar prysbinding met die koop- en verkoopprys van Brent ru-olie deur enkele groot verskaffers plaasvind.

Een van die vier handelaars wat met die hofgeding begin het is Nymex, wat beweer dat hulle kunsmatige en onkompiterende pryse moet betaal vir aankope op die termynmark.

Ru-oliepryse van die Noordsee streek, waarby hierdie saak betrokke is, word gebruik om meer as 50% van die wêreld ru-olie prys te bepaal.

Daar is reeds voorheen ses regsaksies in die VSA ingestel oor Brent ru-olie prysmanipulasie.

Bewerings word gemaak dat Shell en BP al vir meer as ‘n dekade pryse op die termynmark manipuleer.

Die EU se antitrust organisasie het in Mei 2013 ‘n ondersoek ingestel oor prysmanipulsie deur BP, Shell en Platts en het hulle kantore binne geval vir die verkryging van inligting. Die uitslag van die ondersoek is nog nie bekend gemaak nie.

Brent ru-olie word gewoonlik teen ‘n hoër prys as WTI ru-olie verhandel en op 9 November het die twee groepe se pryse onderskeidelik op $105.12 en $94.60 gesluit.