Geen kleiner Kabinet

Die bespiegelings rondom die moontlikheid dat die Suid-Afrikaanse kabinet verklein gaan word, is deur pres. Jacob Zuma die nek ingeslaan.

Pres. Zuma gaan nie die kabinet verklein nie, hy gaan ook nie die staatsdiens inkort of afskaal nie, en doen dit te midde van ’n enorme skuldlas wat besig is om op te bou.

Op ’n vraag in die verband, het Zuma gesê dit is nie nodig nie.

Hy het ook verwys na Pravin Gordhan, die Minister van Finansies, wat in ’n toespraak verwys het na die R1,000 miljard-skuldlas van die land.

Hy sê die regering het reeds planne gemaak om die geldsake volhoubaar maak.

Dit is nie bekend watter planne gemaak is nie, en wanneer dit in werking gaan tree nie.

Foto – Pravin Gordhan