Gaan halssnoer-moorde hervat?

Nadat ’n sesde swarte in die woonbuurt Khutsong, naby Carletonville, dood is na hy aan die brand gesteek is, bestaan daar kommer by die polisie dat halssnoer moorde weer die orde van die dag gaan kom.

Die man se verbrande lyk is glo Sondagaand gevind en is nou die sesde geval in die gebied wat aangeteken is.

Die voorvalle herinner skerp aan die “struggle” voor 1994 toe swartes mekaar met binnebande vol petrol om die nek, aan die brand gesteek het.

Vyf mense, insluitend ‘n tradisionele geneser, het gedurende die afgelope Sondag aan die hand van inwoners gesterf.