FW-stigting help Glynnis Breytenbach

Die FW de Klerk-stigting se sentrum vir konstitusionele reg het gister bevestig hulle betaal die "aansienlike regskostes van adv. Glynnis Breytenbach in haar stryd teen die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG)."

Dié kostes beloop al meer as R2 miljoen.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die stigting, wou die bedrag nie bevestig nie, maar het gesê die miljardêr eiendomsmagnaat, Natie Kirsch het skenkings aan die stigting vir verskeie projekte gemaak, waaronder ook Breytenbach se regskoste.

Volgens hom is die stigting se hoofdoel om die Grondwet te beskerm.

Foto –  Glynnis Breytenbach