3: Gautrein kort geld

As die Sentraal-Transvaalse regering nie teen 21 November sowat R700 miljoen in die hande kry nie, kan die Gautrein sy wiele verloor.

Die gelykbreekpunt vir die Gautrein is 110 000 passasiers per dag, maar tans  vervoer dit net sowat 51 000 passasiers per dag.

Die Sentraal Transvaalse regering het in 2006 ’n waarborg uitgereik hy sal pa staan vir die tekort aan inkomste as die Gautrein nie die vereiste aantal passasiers kry nie.

Nog ‘n kritiek is dat hoewel die Gautrein wêreldklas is dit op die oomblik onbekostigbaar.

Voordat daar enige verdere uitbreidings kan wees, moet ’n deeglike onafhanklike koste-analise gedoen word.

Op die oomblik moet die Suid-Transvaalse regering ’n subsidie van sowat R1,5 miljard betaal om 50 000 mense daagliks te vervoer.

Errol Braithwaite, woordvoerder van Bombela, ontken egter dat die Gautrein in enige soort krisis is.

“Daar’s ’n persepsie dat die Gautrein winsgewend moet wees en dat staatsubsidies neerkom op ’n mislukking. Dit is ver van die waarheid.

“Die Gautrein is ’n openbare vervoerdiensstelsel soos die metrobusstelsel en werk in baie opsigte soos rioolaanlegte en staatshospitale. Dié stelsels word nie ingestel om wins te maak nie, maar eerder om te verseker dat die samelewing behoorlik funksioneer.”

Braithwaite sê groot stede kan nie groei sonder doeltreffende vervoerstelsels nie.Hy sê in soortgelyke treinstelsels oorsee maak net 10% van die treinstelsels genoeg omset om bedryfskoste te dek.

Nêrens maak enige stelsel genoeg geld om kapitaalkoste ook te dek nie. Dit sal naïef wees om te glo die Gautrein moet anders wees.”

Die Sentraal-Transvaalse regering het R700 miljoen dringend nodig om aan die Gautrein se operateurs oor te betaal.

Die geld is ’n bykomende allokasie vir die provinsie se begroting vir die jaar. Dit sal betaal word aan die Gautrein-bestuursagentskap (GMA) wat die geld nodig het vir bykomende onvoorsiene koste, soos die finalisering van grondeise, regskoste weens voortslepende arbitrasie en beplanningskoste vir toekomstige uitbreidings aan die Gautreinstelsel.

Dr. Barbara Jensen, woordvoerder van die GMA, sê daar is ook nog ’n bedrag wat betaal moet word aan die Gautrein se operateur, Bombela.“Dit is werk wat gedoen is in die drie maande voor die voltooiing van die konstruksiefase van die Gautrein (April – Junie 2012).”

Van die geld sal ook betaal word aan salarisse vir die GMA.Afgesien van die geld vir die GMA, word daar ook op die oomblik tot soveel as R68 miljoen per maand aan Bombela betaal as ’n verbruikerswaarborg.

Die provinsie sal vanjaar sowat R820 miljoen aan dié waarborge betaal. Dit is geld wat kontraktueel aan die operateur betaal moet word as die Gautrein nie sekere mikpunte haal nie, om te verseker die operateur kan sy koste verhaal.

Intussen is die GMA volstoom aan die beplan om die bestaande Gautrein-stelsel te vergroot met nuwe roetes wat beplan word na Soweto en die Oos-Rand.

Die GMA verwag ’n toename van sowat 10%, of 5,000 passasiers, wanneer die e-tolstelsel ingestel word.